top of page

1965 - Kort toer na Britanje onsuksesvol

Updated: Mar 6, 2021

Die Springbokke het op 'n kort toer na Britanje vertrek as voorbereiding vir die groot toer later in 1965 na Australië en Nieu Seeland. Dit was egter 'n terugslag want hulle het vier van die vyf wedstryde op toer verloor met een gelykop terwyl altwee toetse teen Ierland en Skotland verloor is.


Die toerspan was ook die eerste om die "nuwe" Springbok embleem te dra.


Ontevredenheid met die springbok wat pronk wat gebruik was in 1963 en 1964 het tot 'n verandering van die embleem gelei. Dr Cooper wat visie-President van die Transvaalse Rugby Unie was, se vrou het twee ander mense gekontak. Die een was 'n kunstenaar Paul Rose en die ander een was Lyall Watson wat direkteur van die Johannesburg se dieretuin was.


Die Munisipaliteit se afdeling Parke en Ontspanning het 'n opdrag aan Watson gestuur dat die embleem verander moet word. Watson se oupa was Springbok Andrew Morkel van die 1903 en 1906 spanne. Alhoewel die nuwe embleem nie dadelik suksesvol was nie, die Springbokke het net een uit agt toetse in 1965 behaal, het Dr. Danie Craven vir Rose geskryf: "Laat ek jou verseker dat dit wat julle vir ons ontwerp het is by vêrre die beste wat ons nog gehad het - ek wil julle hartlik bedank met die embleem wat nou is wat hy nooit was nie".


Dawie de Villiers wat wonderbaarlik van sy knie besering herstel het, nadat hy al die ligamente geskeur het nadat hy twee toetse in 1962 teen die britse Leeus gespeel het, en die 1963 en 1964 seisoene misgeloop het, was as onder-kaptein aangewys en sê in sy outobiografie wat deur Roelf Theunissen geskryf is: "Almal leer deur hulle foute en ons rugbybase het besef dat die toer, wat eintlik 'n eksperiment was omdat dit Suid Afrika se eerste kort toer was, nie geslaagd was nie. Met omtrent geen voorbereiding nie, onthou die toer was in April, en met die derde wedstryd 'n toets teen Ierland was dit eintlik 'n onbegonne taak. Enige speler neem 'n rukkie om 'n hoë peil van fiksheid en veral wedstryd fiksheid, te bereik. Daar was ook geen kans om span te bou of om aan die toestande gewoond te raak nie".


The Springbok rugby touring team to Ireland and Scotland in 1965.
Springbok Toerspan

AGTER: Dirk de Vos, John Wessels, Gert Cilliers, Jannie Engelbrecht, Hannes Marais, Lionel Wilson, Corra Dirksen, Jannie Barnard. STAANDE: Don Walton, Tommy Bedford, Tiny Neethling, Gawie Carelse, Frik du Preez, Wynand Mans, Johan (Haas) Schoeman, Snowy Suter. SITTENDE: John Gainsford, Dave Stewert, Boy Louw (Onder Bestuurder), Avril Malan (Kaptein), Basil Medway (Bestuurder), Dawie de Villiers (Onder-Kaptein), Doug Hopwood, Fanie Kuhn, Keith Oxlee.




 

1

(99) Britanje, Saterdag, 10 April 1965

Landsdowne Road, Dublin - Eerste Toets

Suid Afrika 6, Ierland 9

Toeskouers (30 000)

Skeidsregter: Peter Brook (Engeland)



Springbokspan teen Ierland

AGTER: Corra Dirksen, Don Walton, Johan (Haas) Schoeman, Wynand Mans*, Gawie Carelse, Tommy Bedford, Hannes Marais, Snowy Suter*, Lionel Wilson, Fanie Kuhn. SITTENDE: John Gainsford, Boy Louw (Onder-Bestuurder), Avril Malan (Kaptein), Basil Medway (Bestuurder), Dawie de Villiers (Onder-Kaptein), Jannie Engelbrecht, Dave Stewart.



EERSTE HELFTE:


Vroeg in die toets het die Iere voorgeloop toe daar 'n misverstand was tussen Lionel Wilson en Jannie Engelbrecht toe altwee vir die bal gegaan het na 'n hoë skop van Mike Gibson, die Ierse losskakel. Hulle het teen mekaar vasgehardloop en die Ierse linker-vleuel McGrath het die losbal toegeval agter die doellyn wat nie deur Kiernan vervyf kon word nie (0-3).


Suid Afrika het met 'n sterk wind van agter en met reën by tye meeste aanvalswerk gedoen. Toe Murphy nie die bal wou los nie en gestraf is, was dit Stewart wat van buite die Iere se "25" die strafskop oorgesit het (3-3). Hierna was Suid Afrika ongelukkig toe Schoeman oor geduik het nadat Malan 'n lynstaan gewen het, maar die skeidsregter het 'n vyf-treë skrum beveel.



TWEEDE HELFTE:


Die Springbokke het in die sewentiende minuut van die tweede helfte die voortou geneem met 'n goeie drie deur Wynand Mans, wat in sy debuut wedstryd gespeel het. Eers het Snowy Suter goed gehardloop en toe hy voorgekeer word het hy die bal met 'n boog-aangee oor die kop van die Ierse vleuel Houston in die hande van Mans gegooi. Mans het 'n paar Iere ontduik en deurgesny vir 'n goeie drie wat nie deur Stewart uit die hoek vervyf kon word nie (6-3).


Springbok rugby winger Wynand Mans cuts through the Irish defense to score a try in Dublin, 1965.
Wynand Mans se drie

Die voorloop was egter van korte duur toe Gawie Carelse in 'n lynstaan gestraf is en Tom Kiernan weer 'n goeie skop deurgestuur het toe hy die wind baie mooi gelees het (6-6). So vyf minute plus beseringstyd het oorgebly toe Mr. Brook die Springbokke straf nadat 'n skrum ineen gestort het. Weer was dit Kiernan wat gestel het en hy het die bal laag teen die wind oorgesit om die Iere hul eerste oorwinning teen die Springbokke te laat behaal van 9-6.


Foto Beeld:

 

2

(100) Britanje, Saterdag, 17 April 1965

Murrayfield, Edinburgh - Tweede Toets

Suid Afrika 5, Skotland 8

Toeskouers (30 000)

Skeidsregter: D.G. Walters (Wallis)




The Springbok team who played against Scotland in 1965.
Springbokspan teen Skotland

AGTER: Corra Dirksen, Don Walton, Johan (Haas) Schoeman, Wynand Mans, Gawie Carelse, Hannes Marais, Snowy Suter, Lionel Wilson. SITTENDE: John Gainsford, Boy Louw (Onder-Bestuurder), Avril Malan (Kaptein), Basil Medway (Bestuurder), Doug Hopwood (Onder-Kaptein), Jannie Engelbrecht, Fanie Kuhn. VOOR: Jannie Barnard, Dirk de Vos.



Die program is voor die tyd gedruk. Die losskakel was Jannie Barnard en Doug Hopwood was agsteman en nie Tommy Bedford nie. Vir Skotland het Jim Schakleton vir Laughland vervang.


EERSTE HELFTE:


In hulle 100ste toets wedstryd, die teen Skotland in 1965 was die Springbokke weer aan die verloor kant nadat hulle die vorige Saterdag ook teen Ierland slae gekry het. Alhoewel die Sprinbok kaptein Avril Malan met griep uit die bed gekom het om te speel, is hulle in die lynstane uitoorlê deur Mike Campbell-Lamberton en sy makkers. Die Skotte se voorspelers was in die algemeen beter daaraan toe as Suid Afrika. Die Skotse pak voorspelers was swaarder as die van die Springbokke.


The Scottish lock forward Peter Stagg wins a lineout against South Africa in the test of 1965.
Stagg klap bal weg voor Gawie

Sommer in die 10de minuut van die eerste helfte was die Skotte al met 5-0 voor nadat losskakel Chisholm 'n hoë skop op heelagter Wilson gelos het wat gewoonlik baie suiwer onder enige bal inkom, maar in die wind het die bal gesweef en hy het misgetas. Die senter Schakleton was vinnig by om op te raap en onder die pale deur te gaan. Die Skotse kaptein en heelagter, Stewart Wilson het maklik vervyf (0-5). Albei spanne het kanse gehad in die eerste helfte maar die Skotte het verdien om voor te loop teen rustyd.


TWEEDE HELFTE:


Jannie Engelbrecht on his way to score a try against Scotland at Murrayfield, 1965.
Engelbrecht oppad doellyn toe

Die Springbokke was gelykop toe hulle vroeg in die tweede helfte punte gekry het toe Dirk de Vos, wat in die plek van Dawie de Villiers gespeel het wat beseer was, verby die skrum gebreek het en op die regte tyd die bal vir Gainsford gegee het. Hy het na Engelbrecht laat loop wat te vinnig vir heelagter Wilson was en omgehardloop het vir 'n drie wat deur Wynand Mans vervyf is (5-5).


In die laaste vyftien minute was dit net Skotland wat aangeval het met die Springbok voorspelers wat moeg geraak het. Dit was eintlik meer geluk as goeie konstruktiewe rugby dat Suid Afrika se doellyn nie oorgesteek is nie. Daar was nog twee minute van beseringstyd oor toe losskakel Chisholm die bal vanaf 'n lynstaan gekry het en met 'n moeilike skuins hoek het hy 'n skepskop deur die pale gestuur om die Skotte op die einde te laat wen met 8-5.


Fotos:


 

381 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page