top of page

1964 - SARR se 75 jaar Jubileum Feesvieringe

Die Suid Afrikaanse Rugby Raad wou die 75 jarige bestaan in 1964 vier met 'n reeks wedstryde wat internasionale spelers sou insluit. Daar is al in 1962 met reelings begin en die aanvanklikke planne van hoe en watter spanne teen mekaar sou speel was gewysig na vele beraadslaaging. Die aanvanklikke wedstryde sou in April plaasvind maar is eers in Mei gespeel. Wallis en Frankryk was genooi om kort toere na Suid Afrika te onderneem as deel van die feesvieringe.


Die volgende 18 oorsese spelers was genooi om deel te neem:

Don Clarke, Kevin Briscoe, Wilson Whineray, Kelvin Tremaine, Colin Meads (Nieu Seeland), John Thornett, Beres Ellwood, Philip Hawthorne, Greg Davis, Ronnie Hughes (Australië), Malcolm Phillips (Engeland), Mike Campbell-Lamberton, Ronnie Glasgow, (Skotland), Ronnie Dawson, Kelvin Flynn, Ray McLoughlin (Ierland), Alun Pask, David Watkins (Wallis)


Die volgende 18 Suid Afrikaanse spelers was genooi deur die Suid Afrikaanse Keur Kommittee:

Lionel Wilson (W.P.), Jannie Engelbrecht (W.P.), Corra Dirksen (N.T.), John Gainsford (W.P.), Wally Labuschagne (O.T.) Wynand Mans (W.P.), Dave Stewart (W.P.), Keith Oxlee (N), Nelie Smith (O.V.S.), Mof Myburgh (N.T.), Hannes Marais (O.P.), Abie Malan (T), Frik du Preez (N.T.), Stompie van der Merwe (N.T.), Tiny Naude (W.P.), Tommy Bedford (N), Hannes Botha (O.V.S.), Doug Hopwood (W.P.)




Na die tweede wedstryd het die Internasionale Raad 'n informele vergadering gehad waar besluit is dat meer kompetisie ingebring moet word. Daar is op vier resolusies besluit:

  1. Suid Afrika kon nie teen die Res speel nie en ook nie Suid Afrika en Nieu Seeland gekombineer teen die Res nie.

  2. Die Beste teen die Res sou te veel gediskrimineer het.

  3. Ander Suid Afrikaanse spelers kon ingebring word.

  4. Dat die patroon wat gevolg is in die eerste wedstryd op Ellispark, weer gevolg moes word.

Op die manier is Avril Malan, Adri van Wyk en Trix Truter ingebring vir die Res se span. Fanie Kuhn was ook gekies maar omdat hy in Rhodesië met vakansie was, kon hy nie opgespoor word nie.



Die rugby uitrusting vir die wedstryde was die volgende:

Een stel groen truie met die Jubeleum wapen op die linker bors, wit broeke en die Australiese kouse, groen met ou-goud strepe. Een stel wit truie (Engeland) met die Jubeleum wapen op die linker bors, navy blou krae (Skotland), groen manchet (cuffs) van Ierland, swart broeke (Nieu Seeland), en die Walliese kouse (rooi met wit bokant).


Die spanne het soos volg gespeel:


Saterdag 9 Mei (Ellispark): Oorsese voorspelers en Suid Afrikaanse agterspelers teen Suid Afrikaanse voorspelers en oorsese agterspelers.


Woensdag 13 Mei (Boet Erasmus Stadion): Tom Pierce XV teen Danie Craven XV wat gekies was sodat daar een Suid Afrikaner vir een oorsese speler in die spanne moes wees.


Saterdag 16 Mei (Nuweland): 'n Presedent's XV teen die Res waarvan die Presedent's XV gekies was van oorsese voorspelers en Suid Afrikaanse agterspelers.



Daar was 'n spesiale wapen ontwerp vir die geleentheid wat op die truie, dasse, lapel wapens aangebring was en eerstedag koeverte en seëls is uitgereik vir die eerste keer in die geskiedenis.



Vir net die tweede keer in die geskiedenis van die Internasionale Rugby Raad het die Raad buite Engeland en Skotland vergader toe hulle op 15 Mei in die SARR se raadsaal vergader het. Die eerste keer was in Nieu Seeland in 1959. Die Raadslede en die Visie-Presidente van al die rugbyspelende lande is 'n week voor die toernooi sou begin genooi om die Victoria Valle, Kariba dam en die Kruger Wildtuin te besoek.



Die Suid Afrikaanse Rugby Unie het met samewerking van Caltex 'n film daargestel oor die 75 jaar van rugby in Suid Afrika.

Een van die hoogtepunte van die Jubeleum Feesvieringe was 'n voorwedstryd op Nuweland tussen Hamiltons en Villagers om te wys hoe rugby gespeel was 75 jaar gelede.


FOTO BEELD VAN DIE WESTRYDE:



 

719 views2 comments

Recent Posts

See All
bottom of page