PDF DOKUMENTêR 

NOU TE KOOP

KRY NOU AFDELING 1, 2 & 3 (CHAPTER 1, 2 & 3) VAN ONS SPRINGBOK RUGBY DOKUMENTêRE PROGRAM IN PDF FORMAAT. AFDELING EEN BEVAT AL DIE TOETSE VANAF 1891 TOT 1912-13, SIEN DIE VOORBEELD HIERONDER. AFDELING 2 BEVAT AL DIE TOETSE IN DIE REEKSE VANAF 1921 TOT 1938. AFDELING 3 BEVAT DIE TOETSE VANAF 1949 TOT 1958.

 

 Die doel daarvan is dat mense die PDF's kan koop en gebruik op rekenaar, tablet en selfoon. Elke toets wedstryd word gedek in elke reeks waarin die Springbokke gespeel het vanaf 1891 (toe nog nie Springbokke genoem nie). Dit is 'n baie nuttige naslaan dokument waarmee jy vinnig inligting oor enige reeks uit ons Springbok rugby geskiedenis kan vind en is gelaai met statistiek.

 

PRYS / KOSTE in Suid Afrikaanse Rand

  • Dekades: R 150 per dekade (Chapter 1), bv. 1891 tot 1912-13, ens.

  • Volledige program (1891-1996): Prys sal later aangekondig word.

Ek moet basies die hele program voor begin in PDF formaat wat geweldig baie tyd in beslag neem. Die inligting word bekom van baie boeke wat ek aangekoop het en wat kom uit my eie argief. Die meeste fotos word eers geskandeer, dan met sagteware skoongemaak en verbeter voor ek dit gebruik, alles om die gehalte hoog te hou.

Hierdie is 'n program, enig in sy soort wat elke reeks bevat en waarvan video en audio grepe (clips) ook gekyk kan word vanuit die toets wedstryde deur skakels (links) te druk.

Ek poog hiermee om die eerste volledige program van al die toetse, wat volledig gedek word met statistiek, daar te stel wat dit baie maklik maak om enige reeks vinnig in die hande te kry, alles bymekaar in een paket.

Soos wat die program se inligting verander en opdateer word, so sal kliënte wat die afdelings (chapters) koop, die nuutste kopieë ook deur epos ontvang.

Hieronder kan uittreksels van afdeling 1 & 2 (chapter 1 & 2) van die Springbok Rugby dokumentêr deurgekyk word om 'n idee te kry van die PDF se gehalte, en die bestel vorm is net onder dit.

Fill in the form below to order your PDFs. An email with the link to the payment Gateway, PayToday will be sent and once payment is confirmed. the PDF in high resolution will be sent. Payment can be done by EFT or card and is quoted in South African Rand.