top of page

1928 - Die All Blacks se eerste besoek gelei deur Maurice Brownlie

Updated: Apr 16, 2021

Die All Blacks het twee broers in hul span gehad, naamlik kaptein Maurice en Cyril Brownlie. Dit was die laaste toer waarvan die All Blacks gebruik gemaak het van 'n "wing forward" of "rover" asook die 2-3-2 skrum formasie. Vir Suid Afrika het ook twee broers gespeel, naamlik Bennie en Stanley Osler. Bennie Osler het 14 van die 17 punte in die eerste toets vir Suid Afrika aangeteken, terwyl Mark Nicholls 10 van die 13 punte vir die All Blacks in die laaste toets behaal het. Bennie Osler het die nuwe rekord houer vir punte in 'n reeks geword met 21 toets punte vir Suid Afrika.


The All Black rugby touring team that came to visit South Africa for the first time in 1928.
All Black Toerspan - 1928

AGTER: A.W. Mercer (masseur), James Burrows, Bert Grenside, Geoff Alley, Eric Snow, William Hazlett, Ian Harvey, Lance Johnson. STAANDE: Charles Rushbrook, Edward Ward, Ruben McWilliams, Ron Stewart, Cyril Brownlie, Innes Finlayson, Swin Hadley, David Lindsay, George Scrimshaw. SITTENDE: Herb Lilburne, John Swain, Neil McGregor, Maurice Brownlie (Kaptein), W.F. Hornig (Bestuurder), Mark Nicholls (O-Kaptein), Alan Robilliard, Bill Dalley, John Hore. VOOR: Sydney Carlton, Tobie Sheen, Fred Lucas, Archie Strang, Frank Kilby.

 

Maurice Brownlie - Kaptein (lings), Mark Nicholls - Onder-Kaptein (regs).


The All Black rugby team left Wellington by ship to South Africa in 1928.
Die All Blacks vertrek per skip na Suid Afrika

Die toer was drie maande en ses dae lank wat die reis per skip insluit.


 
The Springbok rugby team that played in the first international match in 1928 against the All Blacks in Durban.
The Springbok Team

(30) Eerste Toets, Saterdag, 30 Junie 1928, Kingsmead, Durban

Suid Afrika 17, Nieu Seeland 0


The Springbok rugby team has their own "war cry" before the first test in Durban, 1928.
Die Springbokke met hul oorlog's kreet gelei deur Mostert

Die All Blacks was gewoond daaraan om elke wedstryd volspoed en met vuur te begin en die eerste toets was geen uitsondering nie. In die eerste paar minute moes die Springbokke verdedig so al wat hulle kon teen die aanvalle van die All Blacks. Maar toe die Springbokke eers die greep van die All Blacks afgeskud het, was daar geen keer nie en het hulle feitlik die grootste gedeelte van die toets wedstryd oorheers, veral met hul voorspelers. Die Springbokke het eerder skrums verkies as lynstane waar die All Blacks beter daaraan toe was. Die All Blacks het 'n noue ontkoming gehad toe Phil Mostert vir Lindsay, die All Black heelagter op die doellyn geduik het. Daarna het Jack Slater en Stanley Osler mooi gehardloop en deurgebreek, maar Lindsay het vir Slater geduik voor hy die bal by Osler kon kry. Vanaf die volgende skrum het die bal met die agterlyn af beweeg to by die ander vleuel, Boet Prinsloo, maar hy is op die hoekvlag uitgeduik.


The two Osler Springbok rugby brothers, Stanley and Bennie Osler.
Stanley en Bennie Osler

Die twee Osler broers, Bennie op losskakel en Stanley op senter, het die eerste keer saam in 'n toets vir Suid Afrika gespeel. Net een keer het die All Blacks weggebreek en goed gevorder, maar heelagter Tindall het mooi gered vir die Springbokke. Kort na Prinsloo se mooi lopie het Bennie Osler die bal gekry so 35 treë vanaf die doelpale en 'n goeie skepskop oorgestuur wat ook die enigste punte van die eerste helfte was (4-0).


Briljante voorspeler spel deur die Springbokke tesame met 'n soliede skrum en agterspelers wat elke keer oor die voordeellyn gekom het was verantwoordelik vir die All Blacks se ondergang. Die Springbokke met drie groot manne voor teen twee kleiner All Blacks (wat die 2-3-2 skrum formasie gebruik het) het hulle eenvoudig oorheers in die skrums waar die All Blacks baie swaar gelewe het. Die All Blacks was beter in die lynstane

Bill Dalley, scrumhalf of the 1928 All Blacks.
Bill Dalley - skrumskakel

met hulle langer spelers. Die feit dat sy voorspelers so gesukkel het, het Dalley, die skrumskakel so ontsenu dat hy 'n nagmêrrie wedstryd beleef het. Bennie Osler was die planmaker vir die Springbokke op losskakel en het 'n baie goeie diens van sy skrumskakel Pierre de Villiers gekry, anders as Osler se direkte opponent Lance Johnson wat met swak balle teverede moes wees. Scrimshaw wat aangesê was om Bennie in toom te hou, was nooit 'n bedreiging nie en kon Bennie nooit met die bal betrap voor hy uitgegee of geskop het nie.


Die All Blacks het lusteloos voorgekom en heeltyd tweede viool gespeel voorlangs waar Phil Mostert sy pak uitstekend gelei het. Kort na die begin van die tweede helfte het Bennie Osler weer geslaag met 'n 40 treë skepskop om dit 8-0 te maak. Hy was wat skoppe betref goed bygestaan deur sy agterlyn wat met goed berekende skoppe die All Blacks deurentyd laat omdraai het. Lindsey die All Black senter moes 'n paar maal gaan uithelp om Springbokke op die vleuel te keer wat so amper op drieë uitgeloop het.


Bennie Osler, Springbok rugby playmaker, 1928.
Bennie Osler

Dit was Bennie Osler se toets en hy het kort na mekaar nog twee strafskoppe oorgesit wat die Springbokke met 14-0 laat voorloop het. Die Springbokke het bly aanval maar die All Blacks het rotsvas verdedig. Weer was dit Prinsloo wat op die hoekvlag uit was en daaropvolgend het hy die bal verloor toe hy wou oorgaan vir 'n drie. Die held van die All Blacks was Lindsay die senter wat menige maal Springbokke moes keer met duikslae. Daar was een voorval van gemene spel toe Johnson vir Bennie Osler laat geloop het van agter nadat hy alreeds die bal geskop het. Die skeidsregter het onmiddelik 'n stafskop vir die Springbokke gegee wat alreeds gemeld was.


Stanley Osler het daarna vir Mostert in besit gestel en hy was kort van die doellyn gekeer en Stanley self het toe deurgegaan maar is ook net voor die doellyn gestuit. As in ag geneem word dat die Springbokke die tweede helfte sonder hul senter, Duffy moes klaarkom wat beseer was en nie verder kon speel nie, dan was die oorheersing deur die Springbokke nog meer merkwaardig.


Action from the first test between South Africa and New Zealand in 1928.
Hadley word lastig geval toe hy skop

Phil Mostert het in die tweede helfte self gaan haker speel en in die tydperk het die Springbokke sestien skrums na mekaar gewen, wat weereens 'n bewys is van hoe in beheer hulle was. Agt minute voor die einde van die wedstryd het Bennie Osler steelkant om beweeg en gesien dat sy vleuel Slater in 'n goeie posisie was en Bennie het net die bal aangehelp na Slater sonder om die bal te vang. Dit het Slater die kans gegee om om sy opponent te kom en nog verdedigers te klop. Drie treë voor die doellyn is hy geduik maar sy momentum het hom met man-en-al oor die doellyn gedra vir 'n baie goeie drie wat nie verdoel kon word nie (17-0). Die Springbokke het welverdiend van die veld gestap met die reeks teen die All Blacks 1-0.

 
The Springbok rugby team that played in the second international match in 1928 against the All Blacks in Johannesburg.
The Springbok Team


(31) Tweede Toets, Saterdag, 21 Julie 1928, Ellispark, Johannesburg

Suid Afrika 6, Nieu Seeland 7


Na die eerste toets was die Springbok pak voorspelers geprys as die beste in die wêreld, veral nadat hulle selfs met een man kort in die tweede helfte, so goed gedoen het teen die All Blacks. Die pak is net so behou vir die tweede toets en almal het verwag dat hulle weer sou domineer. Maar verkeerd, die keer was die All Blacks goed voorberei na 'n langerige breek tussen die twee toetse. Soos meestal wanneer spelers te selfversekerd is, loop dinge skeef en dis wat met die Springbokke gebeur het.

Springbok rugby center, J.C. van der Westhuizen.
J.C. v/d Westhuizen

Hulle het die toets ook met mening begin en was dadelik op die aanval en eers is nuweling vleuel Gerry Brand op die hoekvlag uitgestamp en toe was dit J.C. van der Westhuizen, buitesenter wat van die halflyn af gebreek het en weer was dit Brand op volle vaart langs die kantlyn af. Toe hy voorgekeer word, het hy 'n perfekte dwarsskop gegee maar een van die voorspelers het reg voor die pale die bal aangeslaan. Van die daaropvolgende skrum het Bennie Osler 'n maklike skepskop gemis. Hier volg 'n video greep waar Van der Westhuizen jare daarna vertel wat gebeur het.



Na 'n inskop vanaf die All Blacks se "25" het Phil Mostert, Springbok kaptein en voorryman die bal deur die pale gejaag met 'n strafskop van 45 treë (3-0). Dit het gelyk of die skop die All Blacks net meer vasberade gemaak het en dat hulle toe die druk begin afskud het wat die Springbokke op hulle uitgeoefen het. Dit kan met reg gesê word dat die Springbokke ongelukkig was by 'n hele paar geleenthede in die eerste helfte om punte aan te teken. Hierna het 'n mooi beweging gekom van die All Black agterspelers toe Dalley, wat 'n baie beter wedstryd gehad het op skrumskakel, vir Strang weggestuur het. Hy het die bal laat loop na Carlton, toe na Grenside en weer terug na Carlton en weer na Strang maar met 'n oop doellyn voor hom, het hy per ongeluk die bal in die hande van 'n Springbok gegooi. Gerry Brand het hierna kans gekry pale toe naby die halflyn maar sy skop was teen die regop-paal vas. Die All Blacks het toe meer beheer begin kry net voor rustyd.

All Black Swin Hadley of 1928.
Swin Hadley

Die All Blacks was na rustyd sterker daaraan toe in die skrums, losgemale en die lynstane. Toe was dit Strang wat weer weggebreek het en Tindall moes red vir Suid Afrika. Daarna het die haker Hadley weggebreek maar sy uitgee was onderskep deur Brand wat 'n dwarsskop gegee het tot in die hande van Dalley en sy lopie was ook deur Tindall gestuit. Toe die Springbokke uiteindelik kan kry om aan te val, is daar 'n strafskop aan hulle toegeken voor die pale waarmee Bennie Osler geen fout gemaak het nie (6-3).


Die punte teen die verloop van spel het nie die All Blacks van stryk laat bring nie en McWilliams het 'n beweging begin wat gevaarlik gelyk het en daarna het Lindsay net gemis met 'n strafskop. Johnson, die All Black losskakel het toe na die steelkant beweeg maar Dalley het na die verkeerde kant gegooi en die bal het grondlangs gerol, maar daar was geen Springbok om die fout uit te buit nie. Dit was toe egter Stewart wat die bal opgetel het en vir Archie Strang gegee het en hy het 'n baie goeie skepskop in die hardloop oorgesit vir die All Blacks (6-7).


All Black Bill Dalley slipped with the ball in the second international rugby match against South Africa in 1928.
Bill Dalley struikel met die bal
 
The Springbok rugby team that played in the third international match in 1928 against the All Blacks in Port Elizabeth.
Springbok Rugby Team

(32) Derde Toets, Saterdag, 18 Augustus 1928, Crusader Veld, Port Elizabeth

Suid Afrika 11, Nieu Seeland 6


Die derde toetswedstryd in Port Elizabeth was vol opwinding en lekker hardloop rugby was gesien deur beide spanne. Verbroude kanse en goeie dekverdediging het gesorg dat meer punte nie aangeteken was nie. Willie Rousseau was 'n slag oor maar was terug geroep vir 'n vorentoe aangee en vir die All Blacks was Hadley oor maar hy kon nie sy voet by die bal kry na Dalley geduik was nie. Waar daar in die vorige twee toetse net een drie was, was hier vyf drieë gedruk in die derde toets.


Die eerste drie het behoort aan Philip Nel nadat Mostert deurgebreek het met sy hele pak voorspelers agter hom. Carleton het die bal opgetel en vir Lindsay gegooi, maar die bal het sy skouer getref en weggespat waarna Nel op die bal geval het wat deur Bennie Osler verdoel was (5-0),

Springbok rugby player Philip Nel scored a try against the All Blacks during the third test in Port Elizabeth in 1928.
Philip Nel se drie

Die All Blacks het terug geslaan toe Finlayson weggebreek het en toe vir Stewart gegee het wat deurgehardloop het vir sy drie met drie Springbokke wat hom probeer keer het. Die doelskop was teen die regop-paal, maar nie oor nie (5-3). Hierna was dit die Springbokke wat die oorhand gehad het teen die All Blacks. Eers is Gerry Brand en toe die sterk Olivier op die doellyn gekeer. Die Springbokke het op die aanval gebly totdat Grenside weggebreek het maar Tindall het hom gestop. Die Springbok voorspelers het toe weer beweeg en toe slinger Van Druten 'n lang aangee na Osler, na Rousseau, na Van der Westhuizen en toe na De Jongh wat 'n goeie drie gaan druk het (8-3).

All Black Bert Grenside in 1928.
Bert Grenside

In die tweede helfte was die All Blacks in beheer toe die Springbokke wegbreek teen die verloop van die spel. Daar was 'n vyf-treë skrum op die All Blacks se doellyn en die Springbokke het toe die skrum geswaai vir George Daneel om op te tel en deur te gaan vir sy drie. Osler se skop was net-net mis (11-3). Na dit het die All Blacks se agterlyn mooi beweeg met die bal en net 'n vorentoe aangee het verhoed dat hulle punte kon aanteken. Toe het die Springbokke 'n drie weggegooi na 'n goeie voorspeler stormloop en die bal is van De Villiers na na Osler na Rousseau mmar die laaste aangee na Brand was weer vorentoe. Vanaf 'n skrum het Grenside van die All Blacks die bal gekry en vêr gehardloop maar is op die hoekvlag uitgeduik.

 
The Springbok rugby team that played in the fourth international match in 1928 against the All Blacks in Cape Town.
Springbok Rugby Team

(33) Vierde Toets, Saterdag, 1 September 1928, Nuweland, Kaapstad

Suid Afrika 5, Nieu Seeland 13


Die laaste toets van die reeks van vier toetse in 1928 word na verwys as die sogenaamde "sambreel" toets want Nuweland was onder water en waar mense nie onder dak op pawiljoene gesit het nie, het mense onder sambrele gesit om na die toets te kyk. Wat die spel aanbetref, kan die wedstryd beskryf word as "Nicholls se oorwinning". Die Springbok pak voorspelers het weer teleurgestel en mense kon dit nie verstaan nadat hulle in die eerste en derde toetse so goed gedoen het nie. Die All Black voorspelers het gesorg vir goeie balle agtertoe waar Nicholls die spel beheer het met goeie skoppe. Dit was terloops Nicholls (onder-kaptein) se eerste toets van die reeks en vir baie mense was dit iets ongelooflik.

Mark Nicholls, vice-captain of the All Blacks in 1928.
Mark Nicholls

Mark Nicholls het tien van Nieu Seeland se punte in die reën met skoppe aangeteken, twee strafskoppe en een manjefieke skepskop met die nat bal, waarteen Suid Afrika nie 'n antwoord gehad het nie. Sy voorspelers het hom skoon balle gegee en die Springbok voorspelers tweede viool laat speel. Nicholls se eerste strafskop het gekom na net drie minute vanaf naby die kantlyn en die All Blacks het spel gehou binne die Springbokke se "25". Dis toe dat Mostert, Daneel en Pretorius die bal met dribbel bewegings vorentoe gevat het tot naby die All Black doellyn maar 'n aanslaan het die spel gestop.


Die Springbokke het bly aanval en Jock van Niekerk was amper oor vir 'n drie en daarna het Dalley net betyds voor Pretorius by die bal gekom. Die Springbokke was in beheer op daardie stadium van die wedstryd en het hul drie verdien. Die drie van Springbok senter J.C. van der Westhuizen word self deur hom vertel in hierdie onderhoud wat Pierre Marais van die SAUK in die tagtiger jare gemaak het vir die program, Springbok Sage.



Hierna was die All Blacks weer in beheer en Nicholls se skop was teen die regop-paal en Robilliard het amper gaan druk. Toe het Harvey die bal agterna gesit maar was net te laat en Robilliard het 'n goeie lopie in gekry aan die steelkant maar hy was grond toe gebring. Al die druk het getel en die All Blacks het 'n strafskop gekry naby die kantlyn ongeveer 35 treë van die pale af wat deur Nicholls oorgesit was (5-6).


Die enigste ligpunt vir die Springbokke het net na die begin van die tweede helfte gekom toe J.C. van der Westhuizen die bal van 'n agterlyn beweging gekry het en beina oor was vir 'n drie. Daarna was dit maar weer die ou storie van die All Blacks wat aangeval het en mense kon aanvoel dat iets gaan gebeur omdat hulle soveel gebiedsvoordeel gehad het. Dit het gekom toe Hazlett met sy voorspelers gedribbel het en Swain in die hoek oor was vir 'n drie (5-9). Na die drie was die All Blacks weer op die aanval en dit was toe dat Nicholls kans gekry het om 'n goeie skepskop deur te jaag onder die nat omstandighede om die voorsprong te vergroot na 5-13. Die Springbokke het hiena weer probeer aanval maar kon nie die wurggreep van die All Blacks afskud nie.

Morkel and Rousseau tackled the All Black Robilliard in 1928.
Morkel en Rousseau wat vir Robilliard duik
Dalley kicks for the All Blacks in the muddy field in 1928.
Dalley skop vanuit die modder veld
 

bottom of page