top of page

1896 - Die Britse span van Johnny Hammond was die tweede Internasionale span wat S.A. besoek het

Updated: Apr 16, 2021

Die tweede Britse rugby toerspan na Suid Afrika in 1896 onder kapteinskap van Johnny Hammond, wat onderkaptein was op die 1891 toer, het bestaan net uit Engelse en Ierse spelers. Dit was laataand op 8 Julie dat die "Tartar" skip aan Tafelbaai hawe geanker het met die span wat groot opgewondenheid in die Kaap veroorsaak het.


Dit was een van hierdie Britse spelers, Walter Carey wat die bekende gesegde oor die Barbarians gespreek het, naamlik, "Rugby Football is a game for gentleman in all classes, but never for a bad sportsman in any class". Onder die span was die Ierse voorspeler, Tommy Crean, wat die 100 treë in net meer as 10 sekondes kon aflê, die vinnigste in die span.

The British touring rugby team that visited South Africa in 1896.
British Rugby Team

Na die eerste drie wedstryde in die Kaap, het die span per trein vertrek verder noord na plekke soos Kimberley en Johannesburg, op hulle toer van 21 wedstryde wat 1 maand en 26 dae geduur het. Die lang ritte en harde grond velde op van die plekke het bygedra tot heelwat beserings. Daar was baie gesukkel op slegte grond-paaie waar die spelers baie keer moes help stoot om die koetse uit te kry of deur te trek.

A picture of a horse coach that was used to transport rugby teams that toured through South Africa in the late 1800s and early 1900s.
Horse Coach

Die Britte het ook ondervind dat die Suid Afrikaanse spanne heelwat meer teenstand op die tweede toer gebied as op die eerste toer in 1891. Sewe wedstryde was gespeel voor die eerste Toets, waarvan ses gewen was met een gelykop.


(4) Eerste Toets, Donderdag 30 Julie 1896, Crusader Veld, Port Elizabeth

Suid Afrika 0, Britse Eilande 8


Soos in 1891 is die eerste Toets van 1896 ook in Port Elizabeth gespeel en die Britse span se sterk voorspelers het die deurslag gegee en hulle het met 8-0 gewen. Crean en sy voorspelers het veral die eerste helfte gedomineer en net uitstekende verdediging van Myburgh en Guthrie het verhoed dat meer punte aangeteken is.


Die Suid Afrikaners onder leiding van Aston, tesame met Anderson en Jones het hard probeer met teen-aanvalle van die min werklike geleenthede wat hulle gekry het om met die bal te hardloop.


The South African rugby team that played in the first international match in 1896 against Britain in Port Elizabeth.
South African rugby team
 

(5) Tweede Toets, Saterdag 22 Augustus 1896, Wanderers, Johannesburg

Suid Afrika 8, Britse Eilande 17


Geskiedenis is gemaak toe daar die eerste keer punte teen die toerspan in 'n Toets teen hulle aangeteken is en Suid Afrika het met 8-17 verloor maar die spanne was baie meer gelykop as in vorige kragmetings. Die Britte was sterk voorlangs maar hulle agterlyn was niks beter as die van S.A. nie. Vir die Britte was Hancock en Crean hulle opponente oor, alhoewel die Suid Afrikaners hul man gestaan het, was dit meestal die skopwerk van Byrne wat gesorg het dat die Britte gemaklik gewen het.


Die Britte was halftyd met 5-0 voor nadat Crean vir Todd oorgestuur het vir 'n drie wat deur Byrne verdoel was. Die punte het ook verander en anders as in 1891, het 'n drie nou drie punte getel met 'n doelskop, twee punte en 'n skepdoel, vier punte. Hierna was dit weer Crean wat met 'n sterk lopie oorgegaan het vir Byrne om te verdoel en toe het Hancock sy groot krag gebruik om oor te bars maar die drie was nie verdoel nie (13-0).


Samuels het mooi gehardloop en gaan druk vir Suid Afrika nadat eers Davenish en toe kaptein Aston hanteer het. Die eerste punte teen die Britte in 'n Internasionale Toets was begroet met groot uitbundigheid waar hoede en items die lug in gegooi was van opgewondenheid. Die tweede drie was ook deur Samuels gedruk na 'n mooi agterlyn beweging en die keer het Cope die doelskop oorgesit en die telling was 13-8. Teen die einde van die Toets het MacKie 'n mooi skepdoel vir die Britte oorgesit om die eindtelling op 17-8 te staan te bring.


The South African rugby team that played in the second international match in 1896 against Britain in Johannesburg.
South African rugby team
 

(6) Derde Toets, Saterdag 29 Augustus 1896, Atletiek Klub, Kimberley

Suid Afrika 3, Britse Eilande 9


Die Britte het vooraf geweet van die moeilike derde Toets in Kimberley omdat die veld so hard was en omtrent geen gras op gehad het nie. Hulle het probeer om 'n opponent so te duik dat hulle bo-op die opponent geval het maar hulle het nogsteeds met 'n klomp skaaf-merke Kimberley verlaat na die tyd.


Die Toets het teen 'n vinnige pas begin en Suid Afrika het weer geskiedenis gemaak om die eerste keer voor te loop met rustyd in 'n Toets teen die Britte. Dit was Percy Twentyman Jones wat Suid Afrika se eerste drie gedruk het nadat hy die bal gekry het toe Beswick en Cotty mooi gehardloop het. Jones kon nie sy eie drie verdoel nie.


In die tweede helfte was die Britte beter daaraan toe en het MacKie 'n drie gaan druk wat deur Berne verdoel is en weereens teen die einde van die Toets het Berne ook met 'n vinnige skepdoel geslaag om die Toets vir die Britte met 9-3 te wen.


The South African rugby team that played in the third international match in 1896 against Britain in Kimberley.
South African rugby team
 

(7) Vierde Toets, Saterdag 5 September 1896, Nuweland, Kaapstad

Suid Afrika 5, Britse Eilande 0


South African rugby captain, Barry "Fairy" Heatlie.
Kaptein Fairy Heatlie

Dit was ook die eerste keer wat die reeks uit vier Toetse bestaan het nadat die 1891 reeks net drie Toetse gehad het. Die kaptein van Suid Afrika, Fairy Heatlie het besluit dat die span in groen truie sal speel wat hy beskikbaar gemaak het van die "Old Diocesan Club" en dit was dan ook gepas dat Suid Afrika hul eerste internasionale Toets in die groen truie gewen het met 5-0 teen die Britte in Kaapstad.


Vanaf die afskop was dit duidelik dat die Suid Afrikaners nie gaan terugstaan vir hul opponente nie en sterk vorentoe bewegings het die Britte op verdediging gehou. Die skeidsregter, Richards, het die Britte fyn dopgehou in die skrums en dit het hulle ontstel. Halfpad deur die eerste helfte was daar 'n mooi beweging aan die kant van Suid Afrika waar Larard, Aston, Anderson en Hepburn mooi gevorder het tot in Britse gebied. Byrne is in besit betrap en Anderson het die bal afgeneem en die heelagter Meares getrek voor hy die bal na Larard laat loop het wat ongehinderd gaan druk het. Hepburn het verdoel en Suid Afrika het vyf punte op die telbord gehad.


Daarna was daar aanvalle van albei spanne met strafdoele en skepdoele wat nie die kol kon tref nie. Die skare was uit hulle nate toe die eindfluitjie blaas en Suid Afrika hul heel eerste Toets wen. Die Britte het erg gekla oor die drie en oor die manier hoe die bal afgevat was, maar self koerantmanne het agterna geskryf dat die beste span gewen het.


The South African rugby team that played in the fourth international match in 1896 against Britain in Cape Town.
South African rugby team

3 punte = Drie, 2 punte = vervyfskop, 3x punte = strafskop, 4+ punte = skepskop

bottom of page