top of page

1891 - Die begin van Internasionale rugby in Suid Afrika

Updated: Apr 16, 2021


A painting of club rugby in the Cape in 1888.
Klub rugby in die Kaap, 1888

DIE EERSTE TYDPERK IN RUGBY: (1891 - 1921)


Hierdie tydperk was bekend as die "eerste daar, eerste sak" tydperk, bedoelende dat daar nog geen gevorderde struktuur vir die spel was onder die voorspelers sowel as die agterspelers, soos ons dit vandag ken nie. Wanneer 'n skrum gevorm moes word, het die eerste spelers wat daar was, die voorry gevorm en die volgende spelers die slotte en so aan.


Soos die voorspelers moes die agterspelers ook baie veelsydig wees, want dieselfde beginsel het gegeld, naamlik, die eerste spelers in posisie het daardie posisie gevul, so daar was nie 'n skrumskakel, 'n losskakel, ens. nie.


Dit was gedurende die tydperk wat die nege voorspelers verminder is na agt soos ons dit vandag ken en die enigste senter het later 'n maat bygekry. As gevolg daarvan dat daar nie spesialiste was nie, was spelers in die era baie veelsydig en dit het tot gevolg gehad dat meer dubbele Springbokke uit die tydperk gekom het as daarna.


Die skip, Dunottar Castle het 'n groep van 20 spelers wat gekies was uit Engeland en Skotland, na Suid Afrika gebring op 'n vaart wat 16 dae geduur het. Agt van die toerspan se spelers het Internasionale ondervinding gehad en daar was groot opgewondenheid om hulle te sien. Die besoekers is op die hande gedra en konserte, etes en formele dinees was aan die orde van die dag.


1 punt = Drie, 2 punte = vervyfskop, 3x punte = strafskop, 3+ punte = skepskop


 

Die eerste wedstryd van die toer was op Nuweland gespeel voor 6 000 toeskouers en wel teen die Kaapse Klubs. Charles (Hasie) Versfeld was die eerste en enigste speler wat punte teen die Britte op toer kon aanteken met 'n drie, wat toe net een punt getel het. Charles was een van vier broers wat die dag gespeel het en die bekendste was Loftus na wie die bekende Loftus Versfeld stadion in Pretoria later vernoem was.


DIE STORIE VAN DIE CURRIEBEKER SE ONTSTAAN:


Die kaptein van die Britse toerspan, Bill Maclagan, het op een van die etes na die eerste wedstryd 'n goue trofee vertoon wat na afloop van die toer aan die span oorhandig sou word wat die beste vertoning teen hulle op toer sou lewer. Die beker is geskenk deur Donald Currie, die stigter van die Castle skeep's maatskappy en het dit beklemtoon dat dit 'n wissel-trofee moet wees vir rugby in Suid Afrika. Griekwaland Wes het die beker die eerste keer gekry op grond van hulle harde teenstand op die toer.

Die Britse toerspan moes van Kaapstad af per trein na Kimberley vertrek op 'n reis wat een dag en twee nagte gevat het, met feitlik niks om op die trein te doen nie wat hulle erg verveeld gelaat het. Op Kimberley moes hulle tot hul skok agterkom dat die veld nie 'n graspolletjie op gehad het nie, net sand. Onder die stowwerige omstandighede kon die Britte net met 3-0 teen Griekwaland Wes wen. Een van die Britte het die stukkie so opgesom: "The field was covered in red dust and once the game was in progress, sight of the ball was often lost completely in the miniature sand storms caused by 30 boots scuffling, kicking and pounding."



The first international rugby match that was played in Kimberley, South Africa in 1891.
Spectators watch South Africa and Britain play rugby in Kimberley.

 

(1) Eerste Toets, Donderdag 30 Julie 1891, PE Krieket Veld, Port Elizabeth

Suid Afrika 0, Britse Eilande 4


Die heel eerste verteenwoordigende wedstryd wat as 'n Toets aangegee word was gespeel in Port Elizabeth met Herbert Castens as kaptein teen die Britte van Maclagan. Die groen gras het die Britte baie beter gepas en hulle het rustyd met 4-0 voorgeloop wat ook die eindtelling was. Dit het bestaan uit twee drieë (2 punte) en 'n doelskop (2 punte). Die Suid Afrikaners het na rustyd beter gespeel, nadat hulle so tussen die lemoen-eet deur, goeie raad van 'n ondersteuner gekry het.


Herbert Castens het sy rugby in Engeland geleer en het vir Oxford teen Cambridge gespeel in 1886/7. Hy het daarna na Suid Afrika ge-emigreer en het baie gedoen om rugby te bevorder in die Westelike Provinsie. In 1894 het hy ook die eerste Suid Afrikaanse krieketspan na Engeland geneem as kaptein en hulle het 12 van die 25 wedstryde gewen. Hy spog dus met die onderskeiding dat hy Suid Afrika se eerste rugby sowel as krieket kaptein was.

 

(2) Tweede Toets, Saterdag 29 Augustus 1891, Electic Krieket Veld, Kimberey

Suid Afrika 0, Britse Eilande 3


Daar was besluit dat die bestuur van die tuis unies waar die Toetse gespeel sou word, self die span sou kies en daarom het net vyf spelers naamlik, Duff, Vigne, Richards, Marthinus Versfeld en Japie Louw in al drie Toetse gespeel vir Suid Afrika. Die nuwe kaptein vir die tweede Toets was Bob Snedden.


Die Suid Afrikaners het heel goed gespeel en gekeer dat die Britte 'n drie kon druk. Die Britte se drie punte het gekom van 'n skepskop deur Mitchell vanaf 'n merk naby die kwartlyn se vlaggie. Sy skop het die pale skrams getref en oor getrek.


The South African rugby team for the second international match played in Kimberley against Britain, 1891
South African rugby team
 

(3) Derde Toets, Saterdag 5 September 1891, Nuweland, Kaapstad

Suid Afrika 0, Britse Eilande 4


Die Britse toerspan het ook die derde en finale Toets wedstryd op Nuweland in Kaapstad gewen met vier punte teen nul. Die keer was Herbert Castens, die kaptein van die eerste Toets, die vlagman op Nuweland. Die besoekers kon weer net twee drieë druk deur Aston en Maclagan met Robertson wat een drie verdoel het. Vir lang tye van die wedstryd was die Britte gedwing om te verdedig soos die Suid Afrikaners verwoed aangeval het.


Die Suid Afrikaanse span vir die Toets was aangevoer deur Alf Richards, die beste veelsydige speler in S.A. en net soos Castens, het hy ook later krieket vir Suid Afrika gespeel. Na die Toets het 'n verslaggewer geskryf, Richards was the "mainstay" in the final Test, working "indefatigably, he spoiled the English chances of success time after time...he had splendid dodgy runs and put in long punts".


The South African rugby team that played in the third international match in 1891 against Britain in 1891.
South African rugby team

A picture showing a lineout in an international rugby match between South Africa and Britain in 1891 played at Newlands, Cape Town.
Die derde toets op Nuweland, Kaapstad.

 

Die toer het vir Suid Afrikaanse rugby geweldig baie beteken oppad na "volwassenheid" en beide Maclagan en sy onder-kaptein, Johnny Hammond (wat later 'n groot vriend van SA sport geword het), het 'n groot toekoms voorspel vir rugby in Suid Afrika voor hulle vertrek met die skip, die "Garth Castle" vanaf Kaapstad op 9 September, 1891.


Een lid van die Britse span, Paul Clauss het gewaarsku dat groot probleme vir toekomstige toerspanne na Suid Afrika voorlê, naamlik harde velde en gasvryheid. Hy het verder gesê: "too many dinners, dances, smokers? Certainly no modern team would dare to indulge in so many festivities, which often lasted into the night".


bottom of page