top of page
1956.jpg
Springbok logo from 1965-Edit.png
Springbok rugby trui, 1970s.jpg
  • Vanaf 1891 tot 1903 was die keurders wat die Suid Afrikaanse spanne gekies het vir die internasionale wedstryde teen die besoekende Britse spanne, gekies deur die tuis Unie wat die wedstryde gereel het. So byvoorbeeld was dit Port Elizabeth wat die eerste keurkomitee benoem het wat die heel eerste span gekies het en waar die wedstryd teen die Britte plaasgevind het. Daarna het Kimberley gevolg en toe Kaapstad. Met ander woorde, vir die tweede internasionale wedstryd het Kimberley sy eie keurders aangewys wat toe 'n span gekies het en vir die derde internasionale wedstryd van 1891 was dit Kaapstad.

  • Aan die einde van MacLagan se Britse toer in 1891 het Sir Donald Currie, hoof van die Castle Line, 'n goue beker beloof aan die span wat die beste teen die toerspan gevaar het.  Die trofee is aan Griekwaland-Wes toegeken wat dit weer aan die Raad van die inter-area-kompetisies geskenk het. 'n Span het in 1891 uit drie agterspelers (een senter en twee vleuels) en nege voorspelers bestaan. 'n Drie het slegs 1 punt getel en 'n doel, 3 punte. Dit was nie die drie wat belangrik was nie maar die doel. Dit was doele wat in die ou dae wedstryde beslis het en nie drieë nie.

  • Tydens die 1891 toer het vyf persone die wedstryde beheer naamlik, twee grens-regters en drie skeidsregters waarvan een 'n "referee" was. Vir 'n groot deel van die toer is koetse gebruik omdat die treine toe nog nie eet-salonne gehad het nie. R.L.O. Versfeld, beter bekend as Loftus, het vir die Transvaalse Platteland teen die toerspan in 1891 gespeel en hy het so baie vir rugby gedoen dat sy naam toegeken is aan die hoofkwartier van Noord Transvaal se Rugby Unie se veld.

  • Die eerste drie asook punte deur 'n Suid Afrikaner teen 'n Britse toerspan het eers in die tweede internasionale wedstryd (toets) van 1896 gekom toe Theo Samuels twee drieë teen die Britte gedruk het in Johannesburg. Dit was ook gepas dat die eerste keer dat Suid Afrika groen truie gedra het (laaste toets van 1896) het hulle die wedstryd gewen, dus die eerste wen deur Suid Afrika. In 1896 het die punte verander van 1 punt na 3 punte vir 'n drie. In die 1891 reeks het 'n drie net een punt getel. 'n Doelskop was twee punte en 'n skepskop, vier punte werd.

  • Die eerste S.A. keurders wat aangeteken was, was Barry Heatlie, Percy Jones en Biddy Anderson wat die span vir die laaste internasionale wedstyd gekies het in 1903. Al drie was van Westelike Provinsie. Bob Loubsher was die jongste speler wat nog vir Suid Afrika gespeel het op 19 jaar en 1 maand.

  • In 1906 was daar 'n Curriebeker toernooi in Johannesburg wat as proefwedtryde gedien het, maar waaraan Paul Roos nie kon deelneem nie. Hy is wel in die span ingesluit en deur die spelers as kaptein aangewys. Die "thin red line" van Stellenbosch, Boy de Villiers, Japie Krige, Bob Loubsher en Anton Stegman was almal in die span van 1906. Die span het nege spelers gehad wat voorheen vir Suid Afrgespeel het. Voor die span se eerste wedstryd het 'n Britse joernalis na kaptein Paul Roos gekom tydens hul oefening en gevra wat die naam van die span is. Paul het so bietjie nagedink en toe vir die joernalis gesê, "call us springboks, our national antelope, and it's springboks not springbucks". Die wapen is toe in Britanje ontwerp en vir die eerste keer was die naam Springbokke gebruik en truie met die wapen is vir hulle gemaak.

  • 1910 was die eerste keer wat'n Britse toerspan Suid Afrika besoek het en verteenwoordigend van al vier Britse tuis unies was, naamlik Engeland, Wallis, Skotland en Ierland. Die eerste keer wat die Britse span die bekende kenteken van al vier tuis unies op hul truie gedra het was met die toerspan se besoek aan Suid Afrika in 1924. Hulle was bekend as die Britse Eilande, nie Britse Leeus nie

  • Die toer van 1912-13 was waar die tradisie begin is om 'n springbok kop wat opgestop was saam te neem en te oorhandig aan die eerste span wat die Springbokke kon klop. Die span van Newport het dit wel reggekry in die sewende wedstryd toe hulle die Springbokke met 9-3 geklop het en kaptein Billy Millar moes toe die aandenking aan Newport oorhandig.

  • Attie van Heerden was 'n dubbele Springbok want in 1924 het hy Suid Afrika by die Olimpiese Spele verteenwoordig en was ook lid van die 1921 toerspan na Australië en Nieu Seeland. Hy het ook 'n rekord opgestel deur in die wedstryd teen Nieu Suid Wallis, vyf drieë te druk, 'n rekord wat eers weer in 1956 deur Roy Dryburg verbeter is toe hy ses drieë teen Queensland aangeteken het.

bottom of page