top of page
Screenshot 2020-10-10 100419.jpg
LionsLogo1847SB17.png
rugby024_british_irish_lions_1970s_retro
  • Suid Afrika het vir die eerste keer teen 'n Britse span begin speel in 1891. Westelike Provinsie het 'n uitnodiging gerig aan rugby unies in Britanje vir 'n verteenwoordigende span om in Suid Afrika te kom toer. Die span was deur sommiges gesien as 'n Engelse span, terwyl ander gesê het dit was die Britse Eilande. Die span het uit Engelse en Skotse spelers bestaan en die kaptein Bill MacLagan was van Skotland. Dit was eers in 1910 dat die Britse span, verteenwoordigers van al vier Britse tuis unies gehad het en toe het die naam, Britse Eilande amptelik geword. Dit was eers aan die einde van die 1938 toer deur die Britse Eilande dat hul kaptein Sam Walker sy span die Leeus genoem het. Dus het die Britse Leeus eers vir die eerste keer in 1955 in Suid Afrika kom speel onder die naam.

  • 'n Lid van die 1896 Britse toerspan na Suid Afrika, W.J. Carey, het die bekende leuse van die Barbarians geskep, naamlik, "Rugby is a game for gentleman of all classes, but never for a poor sportsman in any class".

  • Vanaf 1903 tot 1974 kon die Britse toerspanne na Suid Afrika geen enkele toets reeks in Suid Afrika teen die SA spanne of die Springbokke wen nie.

  • Die Britse toerspan van 1924 het die bynaam "Leeus" gekry toe joernaliste van Britanje en Suid Afrika hulle so gedoop het as gevolg van die leeu embleem wat op die spelers se dasse aangebring was. Dit was egter eers op die 1950 toer na Australië en Nieu Seeland dat die naam amptelik Britse Leeus geword het.

  • Die 1924 toerspan van Dr. Ronald Cove-Smith was so deur beserings gery en na die span aangekondig was het spelers om verskeie redes onttrek, dus kon slegs 'n paar van die oorspronklike spelers die toer meemaak. Twee spelers is in hul eerste wedstryd so beseer dat hulle nie weer op toer kon speel nie.

bottom of page