top of page
Springbok Rugby Poster

WAAROOR GAAN DIE BLOG?

Hier kan elke toets reeks van die Springbokke in meer besonderhede besigtig word. Die idee is vir lede en besoekers om deel te word van die ervaring en weer die herinneringe op te roep wat die Springbok uit die amateur era in ons opgewek het vandat baie van ons nog klein was.

Ek wil mense aanmoedig om in te gaan op die plasings hieronder en aan die einde van elke plasing is daar plek waar kommentaar gelewer kan word. Gesels saam sodat ons 'n "lewendige" gemeenskap kan word waar staaltjies uit die verlede, gesprekke met oud Springbokke of net selfs jou eie ervaring van toetse hier vir ander vertel kan word.

"Hover" met die "cursor" oor die "Blog" kategorie in die bladsy "menu" hierbo om die verskillende tydperke wat uit verskeie toets reekse bestaan, te kies.

Julle sal dalk agterkom dat daar een reeks kort, naamlik 1933 teen die Wallabies. Ek is besig om genoeg materiaal en fotos te versamel sodat ek dit kan byvoeg. 

Ek wil ook vra dat as mense vir my mooi fotos het van enige reeks, al is die reeks al klaar gemaak, dan sal ek dit waardeer as dit na my epos adres gestuur kan word om ingesluit te word sodat ons die gehalte nog verder kan verbeter. Fotos kan nie afgelaai word nie. My epos is: info@oubokrugby.com

bottom of page