OUBOKRUGBY

NUUTSTE INLIGTING

Die hoof fokus van my webblad skuif nou na die PDF Dokumentêr wat ek nou voltyds mee besig is. Ek het die blog eers agehaal sodat ons kan konsentreer net op die PDF. Hoekom sou jy vra? Eerstens, die blog se uitleg is nie voldoende vir alles wat ek wil insluit in die program nie en tweedens, as mense my blog gratis kan lees, hoekom sal hulle dan my PDF dokument aankoop waaraan ek baie hard werk?

Van nou af gee ek net 'n aanduiding van wat in elke afdeling (chapter) sal verskyn met net 'n paar voorbeelde. Hopenlik sal dit dan genoeg prikkeling wees om dan elke afdeling van die PDF aan te skaf om dit in geheel te kan benut. Daar gaan geweldig baie werk en tyd hierin en ek kan nie meer bekostig om dit gratis op die web te vertoon nie.

Wat kry jy daaruit?

  • Elke afdeling (chapter) bestaan uit omtrent 'n dekade se toets reekse. Elke toetsreeks dek elke toets volledig met fotos (span fotos en aksie fotos), wedstryd verslae, statistiek van die toerspan en wedstryd program, feite van die toer en legendes wat vir Suid Afrika gespeel het tydens daardie reeks. Daar is ook ingesluit, video grepe (meestal in Afrikaans) en klank grepe van kommentaar wat in latere toetse geplaas sal word.

  • As jy die hele reeks sou aanskaf, dan het jy 'n volledige argief van alle toetse wat deur die Springbokke van die amateur era gespeel is en wat dit baie maklik maak om enige feit of statistiek uit enige reeks baie vinnig na te slaan.

  • Die volledige program gaan nog heelwat tyd neem om klaar te maak, dus raai ek belangstellendes aan om die reekse per afdeling aan te skaf soos wat dit voltooi word. Ek glo die prys is baie billik vir so 'n unieke en volledige elektroniese boek, iets wat sover ek weet, nie bestaan nie en beslis rede genoeg is om dit aan te skaf.

  • Om my werk in perspektief te stel, daar is feitlik van alle toets reekse wat die Springbokke gespeel het, boeke uitgegee en die koerante het dit gedra. Die verskil is, my werk in elektroniese formaat, dek elke toets soos reeds gemeld hierbo, maar nie net van een reeks soos die boeke nie, maar elke toets van elke reeks wat in afdelings ingedeel is. Jy hoef dus nie vir elke reeks 'n boek te koop nie.

AFDELINGS - CHAPTERS

Springbok Rugby History_Chapter 1_spreads_Page_02.jpg
  • CHAPTER 1:     1891 - 1912/13

  • CHAPTER 2:     1921 - 1938

  • CHAPTER 3:     1949 - 1958

  • CHAPTER 4:     1960 - 1969/70

  • CHAPTER 5:     1970 - 1977

  • CHAPTER 6:     1980 - 1989

  • CHAPTER 7:     1990 - 1996

+264 81 215 6536

OUBOKRUGBY - WINDHOEK